Die Demokratiese Republiek van Oppitrokki 

(10 Aug 2007)

Die Demokratiese Republiek van Oppitrokki




























KYK HIER NA FO's VAN DIE AAND

So gebeur dit dat Red. toe sommer Woensdagaand die MC word by Oppitroki. En daarom staan hy terug op die storie oor die aand, net om dinge bietjie regverdig te hou. Chris Boshoff was vriendelik genoeg om uit te help - hier is sy verslag van die bands wat bo geëeindig het op die Oppikoppi Wishlist, en die kans gekry het om by die Oppitroki pre-fest te speel.


“Hierdie gaan ‘n gereelde instelling word, om opkomende bands te help…” sê Beyers (een van Oppikoppi se ouderlinge) oor hulle nuwe Beeslorrie stage. Oppikoppi het ‘n maand voor Oppikoppi ‘n kompetisie geloods vir nuwe bands om ‘n naam te kom maak by die grootste Rock & Roll fees in Afrika. Die bands is gekies deur ‘n demokratiese proses waar die dassies kon stem vir hulle gunsteling bands.

Hier kon Oppikoppi se organiseerders nie geblameer word vir “biased” opinies nie. Die slotsom is dat demokrasie nie altyd werk nie.

Die wenners:

The Kick:
My eerste gevoel was “cool”. Dit was die vocals van die hoofsanger wat my aandag eerste gegryp het - soos ‘n baie jong Robert Plant voer hy die gehoor mee op ‘n Led Zeppelin-soortige trip.

Op die vraag: “Wat dink julle kan hierdie wêreld verbeter?”, antwoord hulle binne 0.003 sekondes “Rock and Roll”.

Falling Short:
As jy in hulle fans se sakke sou gaan krap, is ek seker jy sal ‘n hele paar Linkin Park T-shirts kry. Hulle sê van hulle invloede is Iron Maiden, en Rufio. Persoonlik voel ek dat hulle nie iets nuuts doen nie, en alhoewel hulle songs op MK het hulle kan probeer om eers ‘n naam te maak voor hulle te arrogant op stage raak. Dit gaan immers hoofsaaklik oor die musiek - en nie ‘n premature image nie.
Op die vraag oor hoe om die wêreld te verbeter antwoord hulle in vier sekondes “Rock and Roll?”

HiKaToRi:
Seker die gewildste band by Oppitroki, wat hulle invloede lys as S.O.A.D., Cradle of Filth en NOFX. Hulle antwoord binne een sekonde dat alkohol die wêreld beter kan maak - en dan nog ‘n sekonde later dat dit net ‘n grap is. Hulle regte antwoord is uiteindelik na innerlike refleksie: “Rock and roll”. Hulle hoofmissie is om musiek te maak wat geniet moet word, en as mens kyk na die reaksie van die gehoor, is hulle goed op pad na hulle doel.

Newborn Fire:
‘n Metal-band in die klassieke lang-hare-en-swart-klere sin van die woord. Shaun (‘n Amerikaner) is een van hulle ondersteuners en sê dat hulle nie so “sleazy” is soos ander metal bands nie en dat hulle unieke styl hulle in ‘n posisie plaas waar ons meer en meer van hulle sal hoor. Ek stem saam. As ‘n die-hard Bob Dylan en Howe Gelb fan kan selfs ek die band se intensiteit en eerlikheid beleef.
Hulle het geen antwoord op hoe mens die wêreld gaan verander nie maar sê dat hulle doen wat hulle moet en dat alles gaan oor die musiek. Viva Suid Afrikaanse swaarmetaal...

Rose of Sharon:
Ek stap verby iemand wat sê: “Dit is die slegste band wat ek nog ooit gehoor het.” Ek vra dadelik vir ene Werner of ek hom mag aanhaal. Werner luister gereeld na Nirvana, Fokofpolisiekar en The Doors. En ek stem saam. Demokrasie het ons hier gefaal. ‘n Groot ondersteunerbasis kon verseker dat jy by Oppitrokki sou speel - en die band weet iets van marketing wat ander bands duidelik nie weet nie.
Musikaal is hulle vervelig. Hulle dubbel vokale poging sink die band in die diepste diepste skeure van obskuriteit. As iemand wat in Kaapstad woon was ek skaam om my hand in die lug te steek toe hulle vra: “Are there any Capetonians here with us?!”. Ek voel dat hulle die vooruitstrewende Kaapse rock&roll scene se reputasie gisteraand beskadig het.

Pierre, een van hulle groupies sê dat hy baie van hulle hou en dat die band “Crazy” is. Pierre se gunsteling band is Incubus.

(Napalma het ook gespeel en hulle het gerock. Baie dankie aan Chris vir die storie en foto's. - Red.)