WakaWakaMusic Festival:
In 2006 Ruan Kemp and myself helped organise the WakaWakaMusic Festival which was held in Ladysmith South Africa. Over 650 people attended this mini festival which hosted an intimate collection of upcoming and well known South African Rock & Roll acts.
This is what freelance jornalist Ruan Kemp had to say (Photos by Ruan Kemp):
-------------------
laasnaweek in Ladismith bygewoon het. Die fees het nie net gesorg vir
die beste line-up van die jaar nie, maar ook vir 'n 32vkm kampie voor
die verhoog, afgespan met danger tape en bewaak deur 'n mooi man met
gekruisde arms wie Vrydag soos 'n cowboy aangetrek het en Saterdag
soos 'n amateur tennisspeler.
Die danger tape het net gehou totdat Fokofpolisiekar opgekom het.
Mama Dora, die organiseerder van die fees en eienaar van die olyfboord
waarin vele nuwe romanse laasnaweek aangeknoop is, vertel dat tydens
laasjaar se fees 'n cheesevan die feesgronde binnegerry het die
oomblik toe Fokofpolisiekar "fokof polisiekar" sing. Dinge het
gebreek. Daarom het sy hierdie jaar die polisie die feesgronde
verbied. Daar was wel twee undercover cops met rooi T-hemde, maar
hulle was te jonk om geharde Rock-aanhangers optraende te gee. Manne
met puisies arresteer nie manne met baarde nie.
Mama Dora se dogter Amerika vertel dat sy 'n aantal plakkate in die
dorp opgemerk het waarop iemand 'Fokofpolisiekar' doodgekrap het.
Ladismith is 'n Christendorp in die Klein-Karoo, en Fokofpolisiekar is
deur die bank verblyf op die dorp verbied. Nietemin, dit was Ladismith
se christendogters wat die verhoog besaai het met bra's en
onderbroekies en dit was Ladismith se christenseuns wat met
duiwelstekens antwoord gegee het op die gebare van Francois van Coke
se mank handjie. En daar was genoeg van hulle sodat baskitaarspeler
Wynand Myburgh 'n halwe agteroorbollemakiesie in die gehoor in kon
doen. Daar het hy op sy rug gelê en kitaar speel terwyl koppe en hande
met parastaltiese bewegings hom vir die verhoog teruggevoer het.
Ongelooflik.
Net so ongelooflik was die alien abduction wat Saterdagmiddag
plaasgevind het. Dit was windstil en warm. Rock-geesdriftiges en ander
verligtes het in groepies aan tafels gesit en die plaaslike Towerkop
Chenin Blanc drink toe een van die houttafels skielik vyf meter in die
lug in vlieg, met 'n vrou daaraan vas. Was dit nie vir die tafel nie,
sou die abduction suksesvol wees. Toe ek die getraumatiseerde vrou 'n
paar uur later agter die kroeg opspoor was sy nog steeds te
verboggereerd om haar naam aan die media bekend te maak.
Volgens Philip Botha, 'n hippie agterkleinkind van Generaal Louis
Botha, was dit nie 'n alien abduction nie, maar 'n twirly-wirly. "Ek
het saam met die kinders in die cuddle-puddle gespeel en hulle het
gesê 'let's make a twirly-wirly, let's make a twirly-wirly.' Toe begin
ons die water roer en toe gebeur dit. Toe gee die universe antwoord."
Chris Boshoff, 'n ingeneur met 'n baard, glo ook nie dat dit 'n alien
abduction was nie. "Dit was ongetwyfeld 'n dwarrelwind. Ek het gesien
hoe 'n staaltafel vyftig meter in die lug opskiet en op die kragdrade
te lande kom. Dit was net sparks en kak. Ek is bly niemand is beseer
nie."
Twee mense het hulle gesogte MK89 kepse verloor.
Alien abduction of nie, die fenomeen het wel die nodige voorbrand
gedoen vir 'n bo-natuurlike Saterdagaand. (Niemand kan onthou wat
Vrydagaand gebeur het nie, behalwe dat Blk Jks briljant was.)
Die Jakkie Louw Band het die aand afgeskop. Mense kan sê wat hulle
wil, en hulle doen, maar daar is niemand soos Jakkie Louw om bietjie
die litte los te kry nie. Na sy optrede was dit al koel genoeg dat
mens hom sy biker jacket kon vergewe, maar 'n man in die kroeg het nie
dieselfde gevoel oor sy donkerbril nie: "Jakkie, haal af jou brille,
die son skyn nie meer nie."
"Die son skyn uit my hol uit. Period."
"My point, exactly," het die man in sy bierglas teruggefluister.
Tussen die verhoog en die kroeg was daar twee skape op spit, en tussen
die optredes was daar die kroeg. Hier het ek die legendariese Gert
Vlok Nel aangetref. Oppad af het Die Brixton Moord en Roof Orkes hom
in Beaufort-Wes opgetel.
"Soos mens 'n verkoue optel," het een van hulle gegiggel.
Nel is 'n groot sagge-aarde man in 'n T-hemp sonder moue. Hy wek
deernis in selfs die gehardste van bebaardes, maar ook respek, want hy
kan meer tequila as enige iemand duskant Mexico drink.
Ek het hom gevra wat hy van fokofpolisiekar se optrede gedink het.
"Ja, hulle is vir my 'n gospel band; hulle sing altyd oor die Here."
Goue seuns van christendorp Stellenbosch Akkedis het intussen
grootgeword en verder gesorg vir lekker littelosmaak musiek, maar
Arrivist se angst moet nog ge-channel word. Adolessente band Flint was
ook lawaaierig. "Go back to your van and play wet-Marie" het iemand
tydens hulle optrede geskreeu. Manne met puisies arresteer nie manne
met baarde nie.
Vir die meer volwasse rockers was Acid Blues die hoogtepunt van die
aand, maar ewe professionele Brixton Moord en Roof Orkes en Rooibaardt
het ook groot aftrek geniet.
Tydens 'Goue Seun van die Klein-Karoo' Willim Welsyn se optrede het sy
kitaar se band gebreek. Hy het die stukkende deel van die band met een
van die vele deurtrekkertjies op die verhoog vervang. "Die een het
lekker bounce," het hy gesê, en die rook uit sy kitaar uitgespeel.
Daarna is die almal bed toe. Twee lewers is oorlede.
In geheel was dit 'n suksesvolle en vreedsame naweek. Behalwe vir die
alien abduction was daar net een ander insident: 'n vuisgeveg tussen
'n onmondige seun en 'n bebaarde Rock-geesgriftige oor 'n gesogte
pienk MK89 keps. Die bebaarde Rock-geesdriftige het gewen. Hy lyk goed
in pienk.
------------
Fokofpolisiekar
Acid Blues
Willim Welsyn en die Sunrise Toffies
Ladismuffers
Rooibaard
Oppikoppi Swinnen Tour April 2006
Save ELECTRICITY...
…listen to UNPLUGGED music!
With the recent demise of electricity in Cape Town still in mind, Oppikoppi Productions in conjunction with the Belgian Government and CheckpointCharlies present “Unplugged Rock Legends 2006”.
After experiencing an overwhelming reception in South Africa (last year) - Guy Swinnen will again be performing at this year’s Oppikoppi Easter Festival.
Belgian Rocker; Guy Swinnen is a music legend and ‘Rock-and-Roll - Oldtimer’ from whom local bands can learn how it should be done…This Veteran Rocker still keeps the groupies very much interested! He embodies the true spirit of Rock-and-Roll and is an excellent lyricist and music composer. Guy has also been a familiar face on Belgian TV, since he recently won the Belgian version of ‘Survivor’ (where only Belgian celebrities participated in ), that was held in some desolate part of Africa.
Guy Swinnen and Andries Bezuidenhout (Brixton Moord en Roof Orkes) will be “road tripping” it to Northam - starting in the Mother City.
Andries and Guy – both fascinated with each others styles in musical expression and exploration - met at the annual Oppikoppi last year. One evening, under the African sky, they asked themselves a simple question: “would it be possible to organise a joint tour?” The obvious answer at that stage was: “YES”.
This April they will performing unplugged solo sets, and also join forces with other local music legends in Alternative SA music. Some of the collaborations will include Valiant Swart, Gerald Clark (Delta Blue), Akkedis and hopefully many more…
The venues are being finalized at the moment and more information can be located on www.oppikoppi.co.za .
The tour will start in Cape Town and move in the general direction of this years Oppikoppi music festival to be held in Northam. . cb















